Return to site

BOEREWORS op zijn best

· Bottel en Braai tips

Een echt Zuid-Afrikaans boerewors recept uitgeprobeerd en goed bevonden in oktober 2019 in het Mollendaalbos te Blanden op de enige echte Boerewors wedstrijd in Vlaanderen!

De geheime Afrikaanse formule die de winaars van onze wedstrijd - toevallig twee Zuid-Afrikaanse koppels - willen delen

Soos belowe: Aangeheg hierby is Barney se resep wat as basis gedien het. Barney sê dit kom uit die boek "Knuppeldik aan Koningskos". Die boek het nogal heelwat heerlike resepte vir allerlei Suid Afrikaanse disse.

broken image

In plaas van asyn het ons die geliefde Suid-Afrikaanse Worcestersous gebruik. Dit gebruik ons ook met biltong. Bietjie hawermout maak die wors se tekstuur lekker en is vandag ook bygevoeg. Daar was so knertsie vars knoffel ingesit. Ook belangrik om te noem: Ons het in vandag se resep alleen 1 kg beesvleis (rund) en bietjie spek gebruik. Van die 1kg skaapvleis het ons n ander resep gemaak wat bietjie meer souterig was en dit het ons nie ingeskryf nie.

Nota: Om die wors lekker te maak, laat hulle gewoonlik die vleis weer n keer deur die maler gaan om die bestanddele lekker en egalig in die vleis te versprei.

Een van die geheime met wors is dat die vuur nie te warm moet wees nie anders brand en bars die buitekant as vlamme daarop kom. Ons wag dus tot die vlamme gaan lê het en die kole word oopgekrap en eweredig versprei. Die wors moet ook nie te lank braai nie want dan word dit droog. Dit moet heeltyd omgedraai word sodat dit nie swart brand nie en as die vet uitkom moet mens versigtig wees vir vlamme op n lae vuur. Die tipe hout is ook belangrik omdat die rook in die vleis intrek. Die lekkerste stuk van die wors is die stukkie wat direk van die vuur af kom. Die braaier sny altyd n stukkie af, kyk of die wors regdeur gaar is en deel die stukkies met die manne/vroue wat rondom die vuur kuier om seker te maak dis reg om bedien te word. Ons sal dus dikwels tydens die braai sorg dat die wors die laaste van die vleisgeregte is wat in die vleisbak geplaas word net voor mens eet.

Smakelijk !